Chris님의 프로필Chris van Wyk사진블로그리스트기타 도구 도움말

블로그


    6월 29일

    My ander ryding...

    Photo-0061

    Photo-0058

    Hy kort nog 'n bietjie werk, maar dit gebeur maar so met tyd...!!

    2월 23일

    Nog 'n paar foto's...

     
    Het netnou 'n paar foto's met die selfoon geneem van die BMW nadat ek hom gister teruggekry het van die werkswinkel waar hy reggemaak is nadat ek hom, en myself, amper uitgebrand het Woensdag asgevolg van 'n brandstoflek.
     
    Photo-0004 
    Photo-0006 
    Photo-0007 
     
    Net baie bly hy's weer reg!!!
    2월 19일

    My ry BMW's...

     

    Photo-0001

    Nou het ek ook al 'n hele ry BMW's! Staan die hele straat vol!!!

    2월 17일

    Hoe Rooihonda BlueHoss geword het...

    As jy dalk my e-posadres as rooihonda@iburst .co.za het, jammer hy bestaan nie meer nie, ek het hom so pas na bluehoss@iburst.co.za verander - al die ander bly nog dieselfde. Die rede hiervoor is dat ek die rooi Honda van die hand gesit het en 'n blou BMW K1200S aangeskaf het.

    Wat 'n plesier om nie meer die ding aan die brand te stoot nie, weer ligte te kan gebruik waar mens kan sien wat voor jou aangaan en van geen remme na ABS!!!

    Photo-0039cropped

    1월 24일

    Ek het hulp nodig...

    100_2534

    Dis nou my rekenaar- het die Plusdeck Maandagoggend installeer, nadat ek dit eind Oktober verlede jaar oor die Internet in Engeland gekoop het en by 'n kollega van my se seun laat aflewer het. Hy het dit vir my saamgebring toe hulle in Desember daar gaan kuier het.

    Dit speel my kassette trekkerig, stoot ook nie die kassette behoorlik uit nie - en ek neem aan dat die 300W P/Supply nie voldoende is nie, so ek sal daarna kyk, (moet in elk geval, loop reeds vyf harde skywe daarop en moes dit nou-al 'n slag vervang), maar ek sit ook met die probleem dat ek 'n TV-kaart in die rekenaar het en dit dieselfde Line-in poort gebruik as die Plusdeck, met 'n verskil in impedansie - wat ek op die een of ander manier, volgens die instruksieboekie, kan oplos met die gebruik van 'n headphone/speaker splitter. OK - sal daarna ook kyk, maar dan, en die het ek gister agtergekom, ek speel my kitaar deur die sok reg links van die floppy-drive op die foto - 'n gewone 1/4" konneksie na my mic. input aan die agterkant van die rekenaar. Nou, die Plusdeck word ook op die mic. input gekoppel en sodra ek dit doen kry ek geen geluid van die kitaar deur die luidsprekers nie. Ek neem aan dis ook 'n impedansie probleem?

    Is daar enige manier om die TV-kaart en my kitaar sok se impedansie dieselfde te kry as dié van die Plusdeck behalwe om headphone/speaker splitters te gebruik - wat ek ook nie seker is of dit gaan werk nie?

    Enige raad sal meer as welkom wees....

    Dankie, Chris

    1월 23일

    My speelgoed...

    100_2278
     
    Ek probeer om hierdie twee menere baas te raak, en dit neem meeste van my los tyd in beslag...so nou kan jy verstaan waarom ek so skaars is op die blog en nie meer tyd daarvoor kry nie...
     
    Chris.

    Tweede pos met Live Writer...

    En die eerste vir hierdie jaar, voorspoed aan almal en ek hoop deur so 'n paar keer Live Writer te gebruik, sal ek self op my blog kan ingaan - die ou probleem is terug, nou weet ek nie of ek dalk nog 'n "upgrade" sal moet doen van iets nie... sal maar sien..

     

    Groetnis,

    Chris

    12월 16일

    My lang afwesigheid...

    OK, eerste pos met Windows se nuwe Live Writer, as dit goed werk, gaan ek dit gereeld gebruik. Verwaarloos die blog al meer en meer, sal iets soos dié moet doen, werk dit, het dit net op die regte tyd gekom...

    8월 30일

    Christie "Live on Stage"...

     
    Dié video is onlangs by DGHS geneem tydens Christie-hulle se Kulturele aand Konsert...
     
    7월 28일

    Vandag se Rugby...

    Image Hosted by ImageShack.us
    29
     
    Image Hosted by ImageShack.us
    10
     
     
    Daar's hy...!!! Wat 'n lekker Saterdagmiddag! 
     
     
     
    5월 20일

    Geen kommentaar...die girl is goed...

     
    Motiono by KazMills
     
    5월 19일

    Vandag se Rugby...

    Image Hosted by ImageShack.us
    20
    Image Hosted by ImageShack.us
    19
    Wat 'n wedstryd!!! Nie gedink die Bulle sou dit maak nie, maar dit wys jou net weer, die spel is nie oor voor die groot tannie nie gesing het nie!!!
     
    Die telling en die wedstryd wys net dat hierdie twee spanne regtig die bestes is.
     
    Dankie Adele van Vuuren vir die prentjies wat jy vir my aangestuur het.
     
    Groetnis,
     
    Chris
     
    5월 12일

    Vandag se Rugby...

    Image Hosted by ImageShack.us
    34
    Image Hosted by ImageShack.us
    18
    Image Hosted by ImageShack.us
    27
    Image Hosted by ImageShack.us
    12
     
    Daar's hy...!!! Wat 'n lekker Saterdagmiddag! Altwee ons spanne deur na die eindwedstryd volgende naweek in Durban!!!
     
    5월 11일

    Durban Girls High School Gr 8 2007...

     Image Hosted by ImageShack.us
    My baba, Christie, het vanjaar by Durban Girls High School begin skoolgaan, en haar klasonderwyseres gebruik haar kamera gereeld om foto's van die meisies te neem. Ek het van haar foto's in die hande gekry en besluit om dit hier in albums te plaas. Die twee albums wat ek vanoggend gelaai het, is die een se foto's in en om die skool geneem en die ander van 'n etniese funksie wat hulle 'n rukkie gelede een aand gehad het by die skool. Christie kon dié nie bywoon nie, want sy het haar vorige skool besoek die betrokke aand.
     
    Daar is nog 'n paar stelle van die foto's en ek sal dit by 'n later geleentheid oplaai soos ek tyd kry.
     
    Groetnis intussen,
    Chris
    5월 10일

    Pieter-Dirk Uys aka Evita Bezuidenhout...

    Image Hosted by ImageShack.us
     
     

    Image Hosted by ImageShack.us

    Ons plaaslike Hofnar, Pieter-Dirk Uys, oftewel Evita Bezuidenhout, hier afgeneem saam met Nelson Mandela. As jy meer wil weet oor hierdie Suid-Afrikaanse fenomeen, besoek gerus sy webwerf by http://www.pdu.co.za

    'n Interressante stukkie leesstof uit sy pen kan jy by www.pdu.co.za/Text/OUMA2.DOC aflaai.

    Terwyl jy nou graag meer van Pieter -Dirk wil te wete kom, soek gerus ook op You-Tube, ek weet daar is 'n paar storetjies van hom/Evita.

    En lag gerus 'n slag, die wêreld kan vir een dag na sy eie probleme omsien...

    Groetnis,

    Chris

    5월 8일

    Ouma se slim kind...

    Web Site Counter
    Aantal Besoeke

     Image Hosted by ImageShack.us

    Die eerste Afrikaans vervaardigde film in ongeveer die laaste dekade, dit word op Vrydag, 11 Mei 2007 bekendgestel en as jy meer hieroor wil weet, besoek gerus hul webwerf by http://www.ouma.co.za

    Ek wil stoute skoene aantrek en voorspel dat hierdie film nog groot opslae gaan maak. Dit gaan Suid-Afrikaners of saamsnoer, of verdeel, maar dit gaan net soveel aandag, indien nie meer nie, kry as Bok van Blerk se Delarey ?! 

    Hou gerus die pers dop om te sien wat gebeur... ek sal ook nou en dan hier kommentaar lewer.

    Image Hosted by ImageShack.us

    Groetnis,

    Chris.

    Ns. Het vandag, 11 Mei, hierdie resensie van Leon van Nierop, RSG se fliekresensent, hier bygelas.  

    4월 20일

    Wat gaan aan?

     
    OK, ek kan sien MSN is besig om te verander aan die Spaces, maar ek kry nou my "Archives" as 'n volledige duplikaat van wat in elk geval reeds op is. Kan iemand help? Of sal ons maar wag en sien wat die eintlike plan is?
     
    Na aanleiding van my rekenaarvirusse - die Nuwe Suid-Afrikane (NSA's), het natuurlik ook 'n eie unieke metodiek ontwikkel ten opsigte van sulke probleemoplossing - gooi die rekenaar met klippe tot hy regkom, en as dit nie wil help nie, steek dit aan die brand, dan is jy heeltemaal ontslae van die probleem.
     
    Bogenoemde oplossing vir probleme sien ek daagliks in my werk - as 'n sinjaal nie bedien kan word nie, of een of ander elektriese of meganiese fout vertraag die normale loop van die treine wat ons mee ry, is dit maar alte maklik om die trein onder klippe te steek - en ja, van tyd tot tyd word daar van ons treine aan die brand gesteek - ek sal hierdie onderwerp in 'n later stadium verder neem, aangesien ek besig is om materiaal bymekaar te maak daaroor.
     
    Groetnis,
    Chris
     
    4월 19일

    Nog Stormskade...

    Vandag, presies 'n maand gelede, het ons die erge hooggety gehad wat almal bietjie laat rondstaan het. (En 'n paar ouens laat bontstaan het!) Gistermiddag het reën begin uitsak, wat, volgens die voorspellers, vir 'n paar dae sal duur. Nou, die depot waar ek werk, in Umgeni Rd, se dak is nog in die proses om herstel te word, en op die oomblik is die oop gedeeltes net met 'n seil toegemaak. As die herstellers nie op Afrika-tyd gewerk het nie, was hulle lankal klaar - maar dis nou soos dit hier gaan.
     
    Net voor ek vanoggend by die werkplek weg is, (werk op die oomblik vroeë oggendskofte), het water, wat seker iewers langs die seilbedekking ingelek het, vir redelike konsternasie gesorg toe dit veroorsaak het dat die plafonne meegee! Die foto's hierby wys meer...
     
    Nou wonder mens net hoe lank dit nog gaan aanhou? En hoeveel skade nog?
     
    Groetnis,
     
    Chris
     
     
     
    4월 18일

    Nog Virusse...

     
    Na aanleiding van die vorige pos, ek het nogal heelwat kennisse onder van die Indiese ouens hier in Natal, en het toe gereken dat, vir ons area, hierdie een nogal gepas behoort te wees :
     
    Samosa Virus
     Gives your main processor heartburn and your output a nasty ring sting.
     
    Geniet, en as jy op hierdie trant kan help voortborduur, ek sal hulle bylas!
     
    Chris
     
    4월 16일

    Virusse...

    Het gisteraand 'n bietjie gesit en rondkrap op die Internet en op hierdie plekkie afgekom, http://www.kierieman.za.net , Radio Kierieman, hulle speel lekker Boeremusiek en het baie Afrikaanse goed op, onder andere 'n lekker graphoek, waar ek die volgende gekry het  - dis só van toepassing...
     
    Computer Viruses in the New South-Africa

    Nelson Mandela Virus
     Stays locked away in some unused region of your pc for 27 years and then takes it over completely.
    AK-47 Virus
     Is obsessed with killing your motherboard, fatherboard and any other boards that it finds.
    ANC Virus
     Also similar to the Microsoft Virus, promises you the earth but fails to deliver or delivers software with more bugs than the original.
    Apartheid Virus
     Separates PowerPoint slides based on colour. The nice thing about this virus is that anything that goes wrong with your computer can be blamed on this virus.
    Affirmative Action Virus
    A second rate virus that takes the place of a really good program that was on your PC. In some cases the really good program still hangs around and does all the work but the virus takes the credit.
    Mini Bus Taxi Virus
     Crashes through your PC with very little regard for the rules of the Internet Highway. Stops data traffic for no reason. Causes other data to explode. Doesn’t have a software license.
    Strikers Virus
    Stops your PC in the middle of crucial production runs. Also causes your PC speakers to toi-toi at regular intervals, and is always demanding more memory.
    Matric Paper Virus
     This virus is a stolen version of the real thing. Makes your PC worth less than the plastic it’s made of.
    Third World Virus
     Keeps turning your clock back by 20 years. Slows down the fastest PC to the speed of the operator and has to be manually supervised to check for errors.
    Squatter Virus
     Takes illegal residence of your PC and then starts stealing components, difficult to remove, claims to have more right to your PC than installed programs, because it’s forefathers were there first.
    Education Policy Virus
     Tries to drag all PC’s down to the level of the slowest machine with the least memory.

     

    Hoop jy geniet dit net soos ek het!!!

     

    Groetnis,

    Chris